Monday, 28 March 2011

Moeder natuur en Japan

Japan

Ons staan in stilte voor die ongelooflikke natuurramp in Japan. Natuurramp is wat dit is. Soveel mense dood en soveel in lewens tragedie. As n leier moet n mens altyd seker wees wat jou opinie ookal is, dit moet volwasse en verandwoordelik wees.
Wat in Japan gebeur kan n mens in geen ander lig sien as tragies en so verskriklik, dat daar nie n oomblik kan wees dat enige mens in hul regte denke Japan kan kritiseer in die tyd nie.

Hoe kan enige mens wat nie daar is regtig weet hoe voel die mense. My innige simpatie gaan uit vir die mense in hul ellende.

Dan skakel ek die TV aan en ek kyk na n greanpeace program, genaamd “cove” . En skielik is daar n klein donker wolkie oor my menslikheid, en sit moeder natuur se duiweltjie op my een skouer, en God se Engeltjie op my ander skouer. Albei het net een oortuigende boodskap wat hulle in my oor fluister.

Kyk na Japan se houding teenoor natuurbewaring, VERAL situasies in die see. Kyk na Japan se sondes waar dit by ons geliefde dolfyne kom, by ons majestieuse Walvisse. Dan praat ons nie eers van al die onwettige visvang met onwettige toebehore orals en elders in die wêreld.
Skielik voel ek ook nou nie meer so vreeslik baie tragies vir die nasie. Dis ongelooflik om te dink dat natuur so haar stem kon duk maak. Natuurlik is die natuurramp wat dit was. N aardbewing en n tsunamie. Die natuurramp het absoluut niks te doen met Japan se arrogansie op see. Nee daai arrogansie moes in die bek geruk gewees het deur ons wêreld leiers.

Dit was nie gedoen.

My simpatie gaan uit na Japan, maar wanneer ek na Archives kyk van Japan se onmenslikheid en arrogansie waar dit by die uitmoor kom van ons seelewe, wonder ek in my donkerste oomblik , of daar nie miskien n groep mense daar buite is wat n heildronk drink op Japan se natuurramp.

Sal Japan na die episode sy mentaliteit teenoor die see verander , miskien vir eens na respek.?

No comments:

Post a Comment