Thursday, 3 March 2011

DOBBEL

VETO TO VOTE:

Vanoggend ontvang ek n email van Piggs’ Peak Casino or die argument en hofsaak , of aanlyn dobbel wettig is of nie. Natuurlik is ek nie n groot voorstaander van preke op morele verandwoording nie. Wat ek wel oor is, is wanneer die logiese denke uitbuiting erken, op groot skaal, en dat mense dit maar aanvaar.
Hoe voel E.K oor dobbel. Die bybel se dit is n sonder. Ja dit is n sonde soos baie ander goed wat ons elke dag doen. Ons kan werklik nie meer onself regverdig op n “goeie” sonde of n “slegte” sonde. Ons is net SONDAARS… Kyk maar na die tien gebooie, en elk ieder sal onmiddellik besef hoe sondig ons is. Hoeveel mense gaan elke aand op hulle knie en bid” vergewe ons ons sonde, soos ons ons sondenaars vergewe.” En dan vrae jy jouself af, hoekom sing ons sulke klaagliedere van alles wat verkeerd gaan in ons lewens. Hoeveel families is daar nie daar buite wat een of ander vyandig gesinde familie twist het nie .
Ons is net sondaars, geskei , gesteel begeer en materialisties.
Dobbel en Casino’s, sien ek in dieselfde lig as wat ek n dictator sal sien.
Wie het in elk geval die “infrastruktuur” van winsgewing van Casino’s geformuleer?
Daar is nie n manier dat die gewone mens , die salaries trekker kan wen by n casino nie. Miskien wen jy per ongeluk, nie per geluk!!! Per ongeluk n paar rand, miskien baie, maar dit is dit. As jy aanhou sal daai monster van jou n bedelaar maak.  Daar is geen wette wat tel by n casino. Het ek dit met my eie oe al ervaar, waar daar n balletjie op n rolette tafel, so vassit op die yster gedeelte van die draai tafel, dat n mens wonder hoekom is dat dat wanneer daai tafel gelaai is, net die nommer wat geen tokens op het wen?
Nou kom ons by aanlyn dobbel.
Dis tog logies om te dink. Jy speel via n computer. Aan die anderkant weet die rekenaar presies wie jy is, en hoeveel geld jy in het. So kan hy mos die “odds’ bepaal om te weet hoe lank jy kan speel voor hy al jou geld het. Ek persoonlik dink aanlyn dobbel, is n verkrikklikke monster en as ek n voorstaander was van toy toy op die straat hoek , was dit defnitief n saak waarvoor ek sou toy-toy. N mens kan in die middel van die nag, n knoppie druk en al die geld uit jou bankrekening oorplaas , aan n rekenaar wat al die “odds” teen jou het.
Jy kan vir ure op die “play for fun” gedeelte speel, en jy kan nie glo hoe maklik is dit om te wen nie. Ooh dan raak jy so opgewonde, om net n paar rand te probeer, want wat kan jy verloor? Jy kan nie verloor, JY GAAN VERLOOR…. Die “play for fun” is inderdaad net n gedeelte wat vir jou lieg, en dit vir jou aantreklik maak om jou geld vir hulle te gee.
Onthou ook, wanneer jou logiese ego vir jou se, dis stront die, jy is n intelligente mens, en die masjien gaan nie jou intelligensie beledig nie. Dan stop jy. Jy delete die program van jou rekenaar, en jy klop jouself op die skouer dat jy sterk was, dat dit nou verby is. Ja reg, tot dievolgende spesiale tyd, welke geval jou verjaarsdag of self kersfees. Skielik ontvang jy n wonderlikke “freeby”  van genoeg geld , wat weer die monster wakker maak, om net nog een keer te probeer.
E.K se dit is strooi. Verlede jaar was ek by Monte Casino, en daar maak ek toe n praatjie met n vrou van Soweto. Dit was baie laat op n saterdagaand die einde van die maand.
Sy het haar hele maand se salaris in daai masjien gesit en alles verloor. ALLES. Sy het nie eers geld gehad om n taxi terug te neem huis toe nie. Ek draai toe om en kyk net hoeveel mense daar is wat in haar posisie is. Die vrou voor die een masjien kon my ma wees, die man daar kon my Skoolhoof wees, die ander vrou  die een wat in huise “peace jobs” doen.
Watse beskerming het hulle?

Dobbel kan nie gestop word nie, maar ek dink in die hede tyd en jare, kan die formule van die helse uitbuitende windgrens van die plekke hersien word.Die reg kan n bietjie geld spandeer en sien hoeveel geld hierdie plekke neem, en dan kan hulle die “uitbetaling” van die masjiene wat gestel kan word, reguleer sodat dit nader aan 50/50 is as 1/99.
In sulk n geval sal meer mense seker begin dobbel, omdat hulle wel n kans staan om geld te wen, en minder mense sal n dire lewens omstandighede gedompel word, oor die siekte wat hulle lewens standard op vreet soos n vark…
Hoekom dink julle is toegang tot die Casino verbode vir die mense in Monte Carlo?????

E.K dink by casino’s in die land, moet hulle eers n registrasie proses maak, sodat salaris trekkers nie meer as 10% van hulle inkomstes kan gee aan die duiwel.
Daar moet n minimum ontrekking wees PER MAAND, by die casino banke. Net nou die dag het ek n man gesien wat na die derde keer die aand R20 duisend rand trek. Miskien is hy baie ryk, maar dit maak nie saak, hy het alles verloor.

Aanlyn casino’s. Banke moet saam staan , en n monitorium begin, dat as daar geld in so n rekening geplaas word, mag dit aalleenlik gedoen word, deur n regestrasie proses, waar nog een ander familie lid, nie dobbelvriend, nee familielid, of besigheidvenoot, moet teken.
Dat geen aanlyn inbetalings gedoen mag word nie. 

Dobbel is niemand se vriend. Hoekom hom n vryehand gee om die koek van ons tafel te eet?

No comments:

Post a Comment