The devil you know and the Devil you don’t know.
Om na die massa hysteria in Noord Afrika te kyk, bring n gevoel van ongeloof in my hart. Hoe is dit moontlik dat mense wat gedwee hulle leiers aanvaar het vir 30 – 40 jaar, nou so skielik so histeries kan raak. Die oorgedrewe selfvertroue van die mense laat n gevoel van wantroue in my hart.
Dis soos n siekte wat skielik uitbars. Ek wonder of die Pyramides wat hulle so geskenk het die laasste jare, se spoke nie miskien nou die mense se siele oor gevat het nie. Natuurlik uiterse snert. In realiteite is dit n massa histerie wat gebore is uit die noodkreet van een man, wat himself verbrand het voor die Polisie stasie in Tunisie?
Ek vind dit nog steed ongelooflik dat daar in so n kort tydjie so n algehele ontverwerping van regimente is, met n baie lae lewens verlies.
Dan word n mens wakker en jy kyk na Lybia.
Ek haal my hoed vir Ghaddaffi se seun af. Wat hy besig is om te probeer doen, is net duskant n wonderwerk.
Gee die duiwel wat hom toekom. Vir die laasste 30-40 jaar was Ghaddaffi ontvang in baie lande soos n gerespekteerde leier. Niemand het hom oor sy vingers getik oor mense regte ens. Nee natuurlik nie, want hy het ampers al die olie in die wereld onder sy matras.
Nou vind daar n “evolusie” plaas en hy verdedig himself. Ek noem dit evolusie, want vir my is dit soos n “brainwave” wat massa histerie veroorsaak het. As jy kan dink in die oertyd, toe ons soos apies onderste bo geloop het en mekaar oor die koppe gaklap het vir n rot. Skielik uit die lig is daar s spark, en ons “DINK” ons dink, nee jissie, wie wil nou baklei oor rotte. Maak liewers n stok en gaan vang vis, of maak n spies en gaan jag n bok.
So sien ek die massa histerie. DIs asof daar n “microwave” oor die mense se breinvernuf gekom het. Dit sal so lekker wees om iemand te beskuldig van n “konsperissie”.
Hoe doen n mens dit sonder om soos n idioot te klink?
Daar is dit dan duidelik,mense wat vir hulself dink en doen. Tog sekerlik kan n mens nie in die tyd van 2011, wonder of daar n sateliet is wat “brainwaves” kan manipuleer?
Kan n mens? Ek weet nie ek is nog van die oertyd, maar ek weet ek kan n kassie teen my oor sit en met n mens aan die anderkant van die wereld praat in sekondes?
Met die onmoontlikheid in my gedagte dink ek aan die seun van Ghaddaffi.
Die rede vir die opstand is om die leiers omver te werp. Vir die opstanders is dit so radikaal dat hulle nie n alternatief wil he. Hulle wil nie sit en praat, en tot n kompromie kom.
Vir die leiers , maak nie saak hoe sleg hulle is of was, dit is hulle zone van sekuriteit, hulle lewens en hulle land.
Wat Ghadaffi se seun probeer se, is “mense laat ons praat, daar is n duiwel daar buite wat miskien erger as my pa mag wees!!” Wat hy probeer se, is”ek mag nie se daar is n konspirisie, maar laat ons vure doodslaan teen al die onwaar propaganda”
Wat gebeur is die wereld word net so histeries soos die massas, en daar is die westerse oppurtuniste wat eerder die maklikkke oorlog weg sal neem, sonder on Lybia die “benefit of the doubt” te gee, want vir hulle beteken oorlog GELD…
Ons in die ontwikkelinde wereld beteken n WW3 net meer suffering en n verdere verarming.
So wie sal opstaan as die mediator, vir die duiwel wat ons ken en die duiwel wat ons nie ken.
Of Ghaddaffi nou losbrand onder sy mense of, nie, die vraag is wat is die realiteite in Lybia, hoeveel mens is regtig al dood geskiet. Kan n mens n hond verkwalik as hy byt die oomblik wanneer hy aangeval word?
Dis net hoe vinnig word die situasie ontlont, en word daar na die wond gekyk
E.K is eens met Ghaddaffi se seun. Reg of verkeerd, die interne regime van Lybia moet n kans gegee word om hulself reg te ruk, met n voorstel te kom, en die land vreedsaam oor te gee, of verder te regeer.
Dis maklik vir n wereld leier om op sy podium te klim, en vir n leier in n posisie van 30-40 jaar te se, hy moet sy goed vat en loop, en ooh so “by the way” my oorlogskepe is oppad as jy dit nie doen.
Ek sou ook die bliksem in geraak het.
Ghaddaffi is n foefie, het nog altyd gelyk soos n opgesmukte drag queen, maar dit gee nie die wereld die reg om die situasie uit te buit tot die ryk westerse wereld se voordeel, terwyl ons armgatte in die ontwikkelende lande alreeds in n depressive gaan oor hoe ons gaan suffer onder die gemors.
No comments:
Post a Comment