Resolution 1973,
Hoe oud is n wet as hy gewettig is in 1973. Ek sal julle sê, net so oud soos Ghaddafi se regering. So dis heeltemal reg om n regering omver te werp , op die rede dat hy te lank in power is, en dit is heeltemal aanvaarbaar om dit op die rug van n wet te doen wat net so oud is.
In 1973, het ons in Afrika nog nie eers TV gehad nie. 1973 is vir my so ver weg soos die Dinosaurus tyd, in my boeke “oertyd”. Tog is dit reg vir intelligente Hedendaagse leiers om so n ou wet te gebruik om n toekoms te vorm wat vir ons oneindige ellende in Afrika gaan bring.
Dit gaan nie hier of ek pro Ghaddafi die “unpleasant peasant” is nie. Dit gaan hier oor die feit dat die westerse wêreld dink ons is idiote. Hulle maak en breek nes hulle wil. Hulle track record van oorlog blunders is n ellelange lys van disasters. Ek wonder partykeer wanneer word hulle n bietjie na die HAGUE to ge summons vir oorlog wandade.
N mens hoef nie n waarseêr te wees met n kristalbal om presies te sien waarheen ons gaan.
Die weste spel dit baie duidelik. Daar sal beslis wapens verskag word aan die rebelle, binne die volgende 14 dae. Daar sal beslis westerse soldate op die oewer van Lybia wees binne die volgende 14 dae.
Ek vrae weereens wat is die verskil tussen n “REBEL” en n “TERRORIS” . Het niemand van julle nog die spreekwoord gehoor, waar daar n rokie is is daar n vuurtjie? Luister na die kenners, en hoor die rokie styg oor die Alqaida teenwoordigheid by die rebelle.
Ghaddafi het dit tog duidelik gemaak. Ons glo hom net nie want hy is die vark in die verhaal. Oooh hy was die hero net nog verlede jaar, maar toe moes die westerse wêreld sy voete soen vir olie. Nou is daar n masshisteria in die ooste , en n goeie verskoning om hom te ontroon. Die integriteit is so barbaars.
Die dag toe daar n ander ras die president word van Amerika toe wonder ek hoe lank gaan dit vat tot daai “free mason” uncles in die archives struktuur van Amerika, n wille haas gaan uitpluk in die wêreld, en terug sit en wag dat die “non-white” daarmee moet deal, en unlimately die skuld gaan vat. En ook n wen wen situasie, want aan die einde kan hulle mos sê, We told you they can not rule the world.
EK persoonlik dink aan n “JACK IN N BOX” wat opgedraai word deur “MIESIES” elke keer as hulle n deuntjie wil hoor.
Veduidelik vir my oor die immigrante in Italie. Hulle kom van Tunisia af. Wel daar was mos n opstand in Tunisie,maar dit is mos nou vrede in Tunisie????reg???? So kan niemand van julle sien dat die hordes mense, veral “mans” besig is om voordeel te trek uit die situasie. Verdomp ons is in 2011, het julle nog nie julle wette van Vlugtelinge aangepas vir die tyd waarin ons lewe. Hoekom moet europa, en veral Italie die mense inneem as vlugtelinge as daar nou vrede is in hulle land. Hoekom die skip van die klein eiland neem na die europese vaste land? Vat hulle terug na waar hulle vandaan gekom het. Ons gaan deur n ekonomiese verval regoor die wêreld, en dit gaan glad nie beter raak in die volgende jare nie, veral nie met die olie krisis , wat lewenskostes onverhaalbaar gaan maak. Hoekom moet die Italianers betaal met hulle omgewing om hierdie vlugtelinge te huisves. Dis nie asof Italie die rykste land in die wêreld is nie. EK hoor ook hoe moeilik gaan dit daar by die voet van die skoen.
Vat hulle “whitehouse” toe. Hulle wil mos oorlog maak in Afrika.
Luister na die kenners, en weet as die westerse leiers nie besin , en met Ghaddafi begin praat nie, gaan ons n volskaalse oorlog in Afrika hê wat ons op ons knie gaan dwing.
Waar is die AU.
WAAAAAARR IIIIIISSS JULLLEEEE?????? Julle maak my so die @#$%^& in dat ek lus het om op n taxi te klim en Lybia toe tegaan namens julle halstarige verdomde treurige lui leiers.
Julle is n organisasie. Wat is julle bang vir n paar koëls? Of word julle nie genoeg betaal nie? Wat is julle op en houd?
Die westers wêreld het besluit Ghaddafi moet gaan. Dit is n uitgemaakte saak. Ek stem nie saam met die westerse wêreld nie. Ek stem saam sy tyd is verby, maar ek stem nie saam met die metode en die arrogante uitbuiting van n oeroue wet ,om soos cowboys n land in oorlog te dompel.
Die westerse wêreld het obviously n agenda. Dit is net vir my duister wat dit kan wees, tensy ek reg is, dat hulle regtig nie gaan omgee as hulle n oorlog veroorsaak wat vir jare moet hoe, want dis al hoe hulle jobcreation kan doen, en n omset handhaaf in wapens. Oorlog is besigheid.