Ghaddafi die strateeg of parapleeg,
Dan skiet die sogenaamde neutrale engeltjies van die wêreld, n paar civilians dood , en dit sal seker afgeskryf word as “in the call of duty”
Die ou formule van man werk toe weereens soos n plan met n agenda.
Ek voel jammer vir die ouman wat defect het, want sy graf is gegrawe. Nêrens sal hy ooit weer veilig wees, of selfs welkom.
Ek lag lekker in my mou vir Ghaddafi se soldate wat nou aan die rebelle se kant is.
En ek wooooonder, wat is die agenda?
Daar kan net twee realiteite wees met die oorloop van soldate.
Die hele situasie verander wanneer Ghaddafi se soldate in die tyd van die geveg oorloop na die rebelle. Soldate wat duidelik vir jare in n regime is, wat weet van discipline en natuurlik ook die ongure gebeure wat onder sy bevel plaas givind het
Die soldate sal onmiddellik die rebelle intimideer, wat die rebellie se hart sal verander, en onenigheid sal bring.
Dis ampers om n been tussen n klomp honger honde te gooi, en sien hoe vermoor hulle mekaar.
Die probleem, is as die soldate regtig ware oorlopers is, is hulle niks anders as oppertuniste. Sou die rebelle die regering oorneem, sal hulle die onstabiele korrupte boelies wees, en dan gaan ons werklikwaar nie die einde van ons elende ken nie.
Natuurlik is dit ook moontlik dat Ghaddafi so n goeie strateeg is dat hy hulle bevel het om oor te loop en die rebelle te infiltreer. As dit die waarheid is, is ons naby die einde van die oorlog, en dink ek is Ghaddafi niemand se fool nie.
Maar die volgende week gaan interessant wees om te sien wat in die midde van die rebelle gaan gebeur. Wanneer die geharde gedissiplineerde hardebaard manne en die tiener triggerhappy idealiste mekaar gaan irriteer.
No comments:
Post a Comment