Saturday, 2 April 2011

Boertjies en hul toertjies en hulle hoertjies

Boertjies en hul toertjies en hulle hoertjies,

Ek luister na die nuus vanaand , en glo my êrens is een van ons ou boertjies weer besig met n toertjie. Hulle wil nou in wie se naam in opstand kom teen die ANC. Natuurlik dis mos nou fashion daar bo in die ooste, hoekom nie sommer hier ook nie.

Geagte onplesierige boertjies. Wie van julle okal hier lees. Met julle draai ek nie mooi woorde om. Ek gaan nou vir julle n storie vertel, en van vandag af is dit dan publieke kennis.

In 1994, was daar die pêrre indaba. Julle leier(nie myne nie) het in die tronk gesit, omdat hy iemand oor die kop geslaan het. Dis nou nadat hy julle pa’s en broer’s soos skape in gejaag het in die execution camp van Mafikeng. Glad nie snaaks. Glad nie snaak om op TV te sien hoe julle soos patetiese drommels ge-execute word, en die wêreld klap hande.

In Rustenburgse stadsaal het ek 27 September 1994, na sy byeenkoms gegaan. Daar wou ek weet wat het met die perde gebeur. My sienswyse was, as julle so n sterk bond gehad het, en julle het geweet die drommel is in die tronk sou iemand mos na sy diere gaan omsien het. Dis wat julle so pateties maak. Wanneer daar leë blikke rond gegooi kan word is julle braaf en kordaat,maar wanneer julle julle breins moet gebruik, is wanneer daar n bietjie tekortkominge is met julle oordeelsvernuf.

Ek het opgestaan en vir hom gevrae , wat het gebeur met die perde. Hy was onmiddellik op sy perdjie, het my selfs beskuldig dat ek engels is. EK ENGELS? My ma het PAUL Kruger se neus, nie omdat sy te veel melk drink nie, neeee omdat haar voormoeder van boekenhoutfontein kom. 
Wel ek het sy tantrum met geduld aangehoor, en op n stadium het ek net gedink die man is n grap, toe maak ek maar n grap, en ek sê vir hom “jaaa en jy het n vetpens!!!”
Wat daarna gebeur het , is toe nou nie n grap.
Ek dink nie wanneer bottelblond tannies,met broekies so styf dat elke plooi wys, en omies met vetpense, sommer n hele paar ,jou uit die saal drae, en jou skop en klap dat die spoeg spat, snaak is…glad nie, veral nie as jy elke keer op staan en die ander wang draai, en dan bliksem hulle jou weer.
Nou ja as jy nou daar aan die anderkant sit, en dink dit is snaaks, weet dit gerus, jy is nie n Boer…..Jy is daai mixbreed wat saam met die hooligans ingekom het om goud en diamante te kom soek.
N Boer is n bedeesde man, wat sy vrou en sy kinders en sy God respekteer, nie altyd in die volgorde. Jy wat dink dit is snaaks, moet liewers maar Australia toe immigreer, of gaan Lybia toe. Gaan wees n rebel daar.
Dan om die kersie op die kroon te plaas. Toe hulle sien hulle breek nie my spirit, vat n snuiter, so jonk hy het defnitief nie eers borshare gehad, en druk n revolver teen my kop , en sy woorde was presies net so”Ek fokken skiet jou morsdood”
En ja Tannie met haar p@rr@wysbroek,en oom met sy galblaasmaag dink dit is snaaks??????
Nee mense, ek het julle verdrae, en verdrae en verdrae.
Ek was baie bly dat Oom Paul wat dit eerste rangs gesien het, want al die het reg voor sy standbeeld gebeur, besluit toe om julle leier n “ps””pk” snotklap, taaiklap, fokken gemors klap, noem dit wat jy wil, te gee, twee weke later, op sy verjaarsdag die 10 Oktober 1994, wat in welke geval ook my verjaarsdag is, op Pretoria se plein,dat hy soos n vrot sak pattats van sy perd val

Plaas hy het sy nek gebreek, dan kon hy die vernedering van sy tronk lewe, en sy dood voorkom het.

EK het julle die antwoord gegee, en net daarna het ek na stofsuier se liedjie geluister, die een van die “Fm radio, en duisend seuns stemme, en dit het my moed gegee dat daar hoop is met julle.
Maar nou sien ek ek was verkeerd. Julle maak my kwaad, julle maak my baie baie baie kwaad, en dit vat n rukkie voor my bloed kook, en dan ontplof ek.
Ek gaan weer baie duidelik vir julle sê, gaan na my webtuiste www.unitycongress.co.za  gaan laai julle Veto af en stem daarmee, en verander julle eie omgewing tot julle voordeel.Die ANC is nie julle vyand, julle is julle eie vyand. 

Julle is van julle koppe af as julle dink julle kan die perd ry wat nou in die ooste gebeur, As julle nog nie weet, laat ek dit vir julle uitspel. Julle is in die boeke van die wêreld ingeskryf as die “scum of the earth” weet julle wat dit beteken. Kom net asseblief by, ons is in 2011. Die boere oorlog is meer as n 100 jaar verby. Hou net op om so slim te wees, en gaan huis toe en vir eens probeer jou vrou met respek behandel. Probeer om jou dogter wat n tienerswangerskap het , te bemoedig want ten minste doen sy iets reg om die ou volkie van uitwising te red.Klap net daai seun van jou wat dink drank is die antwoord tot sy reg in die lewe. En as julle nou regtig iets van die ooste will aanhang , kan ek voorstel dit.

Die bybel sê om te vas is nie n moet,maar dit is wys. Ek is n Christen, alhoewel my kerk sy g aaaa   t, al gesien het, jaa daai boerevolk mylpaal in die middel van Rustenburg. Daar waar ons leiers hand geskud het. Gone , weg met orrel en koper en al, en wat daar in sy plek is sal net die duiwel weet want ek het nog nooit weer my voete daar gesit nie.

Hoekom vas julle nie n bietjie, net om daai bravade van julle te kalmeer. Ek sê nie doen dit soos Islam nie!  Ek dink nie dit sit in enige van julle vetpense, om vir 30 dae met die minimum kos, geen drank en water te lewe nie. N ander tipe survival game. Ek dink as julle net vir een dag kan vas, sonder die reis vleis aartappels en bier en branderwyn drank braai en tjoppies, mag julle die lewe net in n ander lig begin sien.
Anders as julle nou so “stoer” wil wees, hou op drank drink, wat julle breins so benewel, en begin melk drink, miskien hou Oom Paul op om in sy graf so te huil oor julle swak gedrag en julle astrante domheid.
 HOU NET  OP DOEN EN PROBEER DINK!!!!!!!!

PS, N dag na E.K die bogenoemde blog gepubliseer het, is ook die aandenking van Eugene Terreblanche se moord. EK stuur my innige simpatie aan sy familie, vir hulle hartseer. 


EK kan ongelukkig nie die blog terug trek, vir die lewe gaan aan, en tyd staan nie stil


No comments:

Post a Comment