E.K het vanoggend n baie interressante gesprek gehad met die jeug in my teenwoordigheid. Dit het alles begin by die vraag , wie se elektriese tandeborsel is op die “charger”
E.K was meƫgevoer om vir hulle, wat nou eers 21 is te verduidelik die lewe van n 46(so oud soos S.H), wat jonk genoeg was om n lewe te geken het voor die tegnologiese revolusie.
Was hulle verbasing groot dat ek die stofsuier,(n bynaam wat ek soms vir S.H gebruik), kon gebruik as n voorbeeld van tegnologiese revolusie. Maar natuurlik, wat was daar voor die stofsuier? Matte oor die wasgoedlyn, n besemstok en baie stof!!!! Wat was daar voor honde kos? Wat was daar voor die TV?FAX?Microgolfoond? Natuurlik het ons die laasste 20 jaar met n spoed deur die seine van internet en blackberries, geseil.
So vinnig het dit gebeur dat ek wonder of daar nie miskien n paar Aliens , ook hier op aarde geariveer het nie.?
Hoe sal ons weet?
Hoe sal hulle lyk?
Sal hulle n waterstof basis wees wat in die menslikke liggaam kan lewe, en n revolusie in die Ooste kan begin?
Nahhh, nee ek probeer maar net verduidelik dat ek nie kan glo dat ouers van vandag nie vir hulle kinders elektroniese tandeborsels koop vir hulle 7 de verjaarsdae, en floss vir hulle 8 ste verjaarsdae.
As die tanne weg is , is daar net pyn en lyding…….
Welkom aan almal wat my blog gaan volg.
----------------------------------------------------------------------------------------------------
Veto en Vote, is geskep deur E.K, die eienaar van die
, U.C. HeerengrachtVeto 99.
Wie ek in die regte lewe is , maak regtig nie saak, maar wat my VETO is , is waar die saak belang drae.
In n neute dop
Stap 1. Gaan na www.unitycongress.co.za
Stap 2. Laai die VETO af.
Stap 3. Sny die Veto uit, vir die opkomende plaaslikke verkiesing, net twee.
Stap 4. Wees professioneel,en laat stickers maak, wat jy sommer vir jou familie, huiswerker, werkers en kinders wat mag stem uitdeel. As die te veel moeite is, neem twee VETO’S en n stiffie Pritt, saam na die stembusse.
Stap 5. Plak een VETO langs die P.P (Politieke Party) van jou keuse, en een langs enige ander.
Verkieslik die sterkste party in jou munisipale omgewing, OF enige ander “STERK” party in jou munisipale omgewing.
Stap 6. Gaan huis toe , en bid dat vir eens ons ou nasie kon saamstaan om n verskil te maak tot die besste, wat langer as 40 jaar sal hou.
E.K beplan om diegene wat die blog lees, die komende weke ,maande, miskien jare deur n reis te neem, van Selfbeskikkings onsekerheid, menslikke oorlewing, osmosiese uithouvermoƫ en baie meer.
Van die vernederings, tot die oomblikke van oorwinnings.
Deur al die tye, was daar altyd net twee gedagtes in my kop.
So deurdrenk soos n boemelaar se drankbesmeste breinholtes,
EENDRACHT MAAK MACHT!!! GOD IS LIEFDE!!!
amen,