Sunday, 27 February 2011

Operah en haar liedjie in n Elite kapasiteit

Ons dogters en hulle toekoms.....

Vanoggend kyk ek CNN, want dis belangrik om te weet wat in die midde ooste aangaan. N vinnige brokkie nuus oor Operah En haar “ELITE” skool in Johannesburg.

As mens kyk na die revolusies in die wereld se geskiendenis, insluitende ons Apartheids-vryheidsoorlog insluitende wat nou in die Midde Oooste gebeur. As ons kyk na die Diktatorskappe wat ons geken het in Afrika die laasste honderd jaar, en selfs ook Hitler, vind E.K. dat daar een gemeenskaplikke faktor is wat baie duidelik uitstaan.
“The Elite”
Mense wat hulself, die spasie in sosiale omgewing gun, om beter te wees , as die om hulle, om vir hulle beter leefwyse te skep as die om hulle, en om te neem van die sosiale lewensinfrastruktuur om hulle, om n ELITE lewe te lei.
So hoe kom ek nou by Operah uit?
As ek n noemens waardige leier was in die tyd toe sy toestemming gegee is, om daai skool vir dogters te begin, kan julle verseker weet, dat die formule wat nou toegepas word, duidelik meer AFRIKA vriendelik sou wees as, AMERIKA GOODIE-GOODIE TROPHY HUNTING, charity nonsense
Sy neem net n sekere hoeveelheid dogters van erg armoede, en sit hulle in die anderkant van die muntstuk , of die skaal, en gee vir hulle die besste van die besste, en al wat n luxury is wat n kind se hart kan begeer.
Hierdie dogters word nou in n unieke katagorie van lewe geplaas. In dieselfde tyd is hulle nogsteeds in aanraking met hulle eie families. Wie en Wat hulle regtig is. So nou word hulle geleerd, en hulle gaan in die lewe in, en alles gaan hunky-dory wees?  Sy skep n “Elite” klas van dogters wat eendag as hulle groot is n plek onder die son moet vind. Waar gaan hulle die plekkie vind? Gaan daai opgevoede geleerde man, wat uit n welgestelde huis kom, die dogters met ope arms ontvang, en sê, moenie worry, my familie gaan nie teen jou diskrimineer oor waar jy vandaan kom, ons gaan jou op ons hande drae, want jy is n Opera dogter?
Wat doen Operah? Sy gebruik haar lewenstyl as n gegoede  Amerikaner, en sy lewe haar droom uit op dogters in Afrika, so ver verwyderd van mekaar as wat kan kom. Natuurlik het ek geen kritiek oor die rugraat van haar intensies, maar ek dink tog haar realitiete in die lewe is duidelik nie op grondvlak van wat realisities aangaan in ons wêreld nie. So ander ryk mense het private “ZOO’s”, Wat het Opera?

Ek hou glad nie van die “trophy hunting” celebs wat na Afrika toe kom , en ons kinders koop met hulle geld en hulle aandag soekende ego’s…
Wat sou E.K goedgekeur het.
Defnitief n skool vir dogters. Reeds in 1994 het ek my intensies duidelik gemaak, dat e k graag n skool sou wou hê eksklusief vir dogters. Ek glo dat Afrika se toekoms is by die geleerdheid en uiteindelik “uplifting” van vrouens.
E.K sou daai geld wat sy in die skool ge investeer het beter gebruik het, en die formule aangepas het. Die skool sou meer as een wees, en vir meer as net n paar “ELITE”…
Die formule waarop sy nou werk, drae glad nie my toestemming nie , dis vir my n punt van toekomstige vernedering van dogters wat nie weet wat wag vir hulle in die regte lewe.

Dis maklik om nou n dokumentêr te maak oor tiener swangerskappe, in ons gemeenskappe. Dis n groot probleem. Dis kommerwekkend, want n baba  word gemaak deur seks sonder n kondoom. Dis nie asof ons nie die land met die hoogste AIDS syfer in die wereld is nie.
Maar het sy al gedink as sy daai skool van haar beplan het  uit n “AFRIKA’ oogpunt, en nie  n “LOOK HOW GREAT AM I” oogpunt, sou sy baie skole kon bou met daai geld, en duisende meer dogters kon toegang gehad het tot n beter private geleerdheid, in hulle lewensomgewing.
So klink dit nou of ek n “Kommunis” is? Nee ek Dink nie so, net n realisitiese strateeg, wat die belang van ons dogters op my gemoed het, en nie die belang van hoe goed ek lyk in die oë van die wêreld. En duidelik sit dit nie in my om ander mense uit te buit in die “pretense” van “do good” vir alternatiewe redes.

“I here apologise to Oprah Winfrey” a most powerfull women , in the world for any insult she will suffer from my expression of heart
Since I have no means and ways to meet with such a powerfull women, as I am not on the A- list of ELITE in the world, I do grand myselve the right of expression, till proven wrong.”

U.C the future………………
Veto en Vote
is geskep deur E.K, die eienaar van die ,U.C. HeerengrachtVeto 99.
Wie ek in die regte lewe is , maak regtig nie saak, maar wat my VETO is , is waar die saak belang drae.

In n neute dop
Stap 1. Gaan na www.unitycongress.co.za
Stap 2. Laai die VETO  af.
Stap 3. Sny die Veto uit, vir die opkomende plaaslikke verkiesing, net twee.
Stap 4. Wees professioneel,en laat stickers maak, wat jy sommer vir jou familie, huiswerker, werkers en kinders wat mag        stem uitdeel. As die te veel moeite is, neem twee VETO’S en n stiffie Pritt, saam na die stembusse.
Stap 5. Plak een VETO langs die P.P (Politieke Party) van jou keuse, en een langs enige ander.
 Verkieslik die sterkste party in jou munisipale omgewing, OF enige ander “STERK” party in jou munisipale omgewing.
Stap 6. Gaan huis toe , en bid dat vir eens ons ou nasie kon saamstaan om n verskil te maak tot die besste, wat langer as   40 jaar sal hou.
----------------------------------------------------------------------------------------------

Saturday, 26 February 2011

E.K het vanoggend n baie interressante gesprek gehad met die jeug in my teenwoordigheid. Dit het alles begin by die vraag , wie se elektriese tandeborsel is op die “charger”
E.K  was meëgevoer om vir hulle, wat nou eers 21 is te verduidelik die lewe van n 46(so oud soos S.H), wat jonk genoeg was om n lewe te geken het voor die tegnologiese revolusie.
Was hulle verbasing groot dat ek die stofsuier,(n bynaam wat ek soms vir S.H gebruik), kon gebruik as n voorbeeld van tegnologiese revolusie. Maar natuurlik, wat was daar voor die stofsuier? Matte oor die wasgoedlyn, n besemstok en baie stof!!!! Wat was daar voor honde kos? Wat was daar voor die TV?FAX?Microgolfoond? Natuurlik het ons die laasste 20 jaar met n spoed deur die seine van internet en blackberries, geseil.
 So vinnig het dit gebeur dat ek  wonder of daar nie miskien n paar Aliens , ook hier op aarde geariveer het nie.?
Hoe sal ons weet?
Hoe sal hulle lyk?
Sal hulle n waterstof basis wees wat in die menslikke liggaam kan lewe, en n revolusie in die Ooste kan begin?
Nahhh, nee ek probeer maar net verduidelik dat ek nie kan glo dat ouers van vandag nie vir hulle kinders elektroniese tandeborsels koop vir hulle 7 de verjaarsdae, en floss vir hulle 8 ste verjaarsdae.
As die tanne weg is , is daar net pyn en lyding…….
Welkom aan almal wat my blog gaan volg.
----------------------------------------------------------------------------------------------------

Veto en Vote, is geskep deur E.K, die eienaar van die 
,                                                                                U.C. HeerengrachtVeto 99.
Wie ek in die regte lewe is , maak regtig nie saak, maar wat my VETO is , is waar die saak belang drae.

In n neute dop
Stap 1. Gaan na www.unitycongress.co.za
Stap 2. Laai die VETO  af.
Stap 3. Sny die Veto uit, vir die opkomende plaaslikke verkiesing, net twee.
Stap 4. Wees professioneel,en laat stickers maak, wat jy sommer vir jou familie, huiswerker, werkers en kinders wat mag stem uitdeel. As die te veel moeite is, neem twee VETO’S en n stiffie Pritt, saam na die stembusse.
Stap 5. Plak een VETO langs die P.P (Politieke Party) van jou keuse, en een langs enige ander.
 Verkieslik die sterkste party in jou munisipale omgewing, OF enige ander “STERK” party in jou munisipale omgewing.
Stap 6. Gaan huis toe , en bid dat vir eens ons ou nasie kon saamstaan om n verskil te maak tot die besste, wat langer as   40 jaar sal hou.
 ----------------------------------------------------------------------------------------------------------
E.K beplan om diegene wat die blog lees, die komende weke ,maande, miskien jare deur n reis te neem, van Selfbeskikkings onsekerheid, menslikke oorlewing, osmosiese uithouvermoë en baie meer.
Van die vernederings, tot die oomblikke van oorwinnings.
Deur al die tye, was daar altyd net twee gedagtes in my kop.
So deurdrenk soos n boemelaar se drankbesmeste breinholtes,

EENDRACHT MAAK MACHT!!!  GOD IS LIEFDE!!!

amen,